RAND Korporasie

RAND CORPORATION
Rand Corporation logo
Tipe Dinkskrum
Gestig 14 Mei 1948
Hoofkantoor Santa Monica, Kalifornië
Webwerfhttps://www.rand.org/

Die RAND Korporasie is 'n oorspronklike Amerikaanse dinktenk, wat in 1946 deur die Amerikaanse Lugmag gestig is, onder kontrak van die Douglas Aircraft Company. In Mei 1948 word RAND 'n onafhanklikeorganisasie sonder winsoogmerk. Die akroniem RAND is 'n sametrekking van navorsing en ontwikkeling (research and development).

RAND se navorsing fokus op die ontwikkeling van oplossings vir komplekse probleme deur navorsers uit verskillende akademiese spesialisasies saam te bring en praktiese leiding te gee deur insig te gee in beleidskeuses en belemmerings vir die implementering van die beleid.

Histories het RAND 'n sterk fokus op verdediging. Volgens die jaarverslag van 1994 is twee derde van die navorsing betrokke by die nasionale veiligheid van die VSA: Projek Lugmag, die Arroyo-sentrum (wat vir die Amerikaanse weermag werk) en die Nasionale Verdediging Navorsingsinstituut. In 2004 het die deel van navorsing oor veiligheid en verdediging met die helfte gedaal. Die res van die navorsing fokus hoofsaaklik op gesondheid, maar ook op onderwys, geregtigheid, bevolkingsondersoeke en die internasionale ekonomie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search